Modulekode | TBE 320 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe |
Module-inhoud | Toerisme Industrie Sektorbestuur II Hierdie module dek die bestuur van twee industrie-sektore in die konteks van toerisme: vervoer en distribusiekanale. Vervoer vorm ‘n integrale deel van toerisme. Hierdie deel van die werk dek hoe toerisme deur vervoer geaffekteer word en ondersoek die aanbod van- en vraag na vervoer vanuit ‘n toerisme-perspektief. Dit stel ook die verskeie vorme van vervoer bekend sowel as hul impak op die toerismesisteem en industrie. Toerisme- distribusiebestuur verskaf ‘n oorsig van die teorie van distribusie in die toerisme-verband en beskryf ook die integrale aard van inligting in toerisme. Distribusiekanale word ontleed en die unieke aard van toer-groothandel, reis-kleinhandel, sake- en korporatiewe reisbestuur en motiveringsreise word ondersoek. Let wel: Verskeie praktiese en bedryfsinteraksie-aktiwiteite is ondersteunend tot die teoretiese komponent van die TBE 110, 120, 210, 220, 310, en 320-leerplanne en vind gedurende vakansietye, oor naweke en na-uurs plaas om praktiese en bedryfsvaardighede te ontwikkel. In oorleg met die afdelingshoof moet ‘n student 1 000 "krediete" verwerf vir die praktiese komponent (wat bevredigende klasbywoning, goedgekeurde praktiese werk en toepaslike praktiese kortkursusse behels soos deur die afdelingshoof bepaal) alvorens ‘n student tot die eksamen in TBE 320 toegelaat sal word. |
Modulekrediete | 20.00 |
Programme |
|
Diensmodules | Fakulteit Opvoedkunde Fakulteit Geesteswetenskappe |
Voorvereistes | TBE 210 GS |
Kontaktyd | 4 lesing per week |
Onderrigtaal | Dubbelmedium |
Akademiese organisasie | Afdeling Toerismebestuur |
Aanbiedingstydperk | Semester 2 |
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App